
JAN CELLIERS LAERSKOOL & PREPRIMÊR

HIER GROEI DIE TOEKOMS. SEDERT 1935

Jou kind se toekoms
begin hier.

Welkom by Jan Celliers
"Jan Celliers Laerskool en Preprimêr is ’n onafhanklike skool waar ons elke leerder se uniekheid vier. Soos 'n hegte familie leef ons die skool se kernwaardes uit in elke aspek van ons daaglikse lewe: respek, integriteit, betrokkenheid en selfdissipline."


Me. Sanet Smit
SKOOLHOOF

Wêreldklas onafhanklike onderrig wat deure oopmaak.

Babasentrum
Die goue jare
3 maande tot 18 maande
Babasentrum
Die ontwikkeling van babas tussen die ouderdom van 3 en 18 maande is ’n dinamiese tyd waarin hulle fisiek, kognitief, sosiaal en emosioneel ontwikkel. Ons babas ontwikkel teen hul eie unieke tempo, maar ons fokus doelbewus op belangrike mylpale om hul ontwikkeling op 'n liefdevolle wyse te ondersteun en te bevorder.
3 maande tot 18 maande
Die goue jare

Speelskool
Speelskool
Dis hoe jy begin
18 maande tot 3 jaar
Ons begryp vroeë kinderontwikkeling en weet hoe om jou kleuter ‘n voorsprong te gee.
Spelenderwys verbeter jou kleuter se taal, begrip, waagmoed en mededeelsaamheid.
18 maande tot 3 jaar
Dis hoe jy begin

Preprimêr
Preprimêr
Passievolle aandag
4 jaar tot 6/7 jaar
Deur die Matal-program, ’n beproefde onderrigprogram vir jong breine, asook die beginsels van eksperimentele leer in ’n verhoudingsgedrewe omgewing, koester ons jou kind.
Selfwaarde, nuuskierigheid, eienaarskap, vaardigheidsontwikkeling, vroeë leer en samewerking met ander word beklemtoon. Jou kind geniet passievolle aandag.
4 jaar tot 6/7 jaar
Passievolle aandag

Laerskool
Laerskool
Wêreldklas en onafhanklik
7 jaar tot 12/13 jaar
As 'n onafhanklike skool fokus ons op probleemoplossing en laterale denkvaardighede, kreatiewe waagmoed en emosionele intelligensie.
Ons is nie gebonde aan departementele beperkings nie en bied wêreldklas onderrig.
7 jaar tot 12/13 jaar
Wêreldklas en onafhanklik

Verskeie buitemuurse aktiwiteite
12 sportsoorte, van rugby tot ballet
12

Hier maak elke kind saak
Maksimum 22 leerders per klas
22

Kultuur vir
elkeen
14 instrument-spesialiste plus koor, orkeste, redenaars en drama
14

'n Akademiese grondslag vir die toekoms
Gemiddeld 4.5 onderskeidings in matriek
4.5
Met wêreldklas ondersteuningsdienste
tot jou beskikking
Die volgende spesialiste staan gereed op ons skoolterrein om jou en jou gesin te ondersteun.
Arbeidsterapeut:
Me. Charlene Cruickshank
Spelterapeut:
Me. Ilze Norden
Fisioterapeut:
Mnr. Tiaan Moolman
Opvoedkundige sielkundige:
Me. Carien Human
Mediese dokter:
Dr. Michelle Weyers
Biokinetikus:
Me. Stephanie Groenewald
Spraakterapeut:
Me. Monique Malan
Leerderondersteuner
Me. Susan Laubcher

Babasentrum-Inligtingstuk
Voltooi die onderstaande inligting en laai die Babasentrum-inligtingstuk af.
JAN CELLIERS LAERSKOOL & PREPRIMÊR

HIER GROEI DIE TOEKOMS. SEDERT 1935
011 646 3336
BEMARKING@JANCELLIERS.CO.ZA
ONDERPARKRYLAAN,
PARKVIEW,
JOHANNESBURG
GAUTENG
.png)
















































































